top of page
Kostes en inligting

Hi fotograwe

So, hoe gaan die webblad werk?

Vir nou, gaan dit eers net `n algemene blad wees, maar ons be-oog om dit binne die eerste paar weke/maande op te breek in provinsies. Waar die gebruikers/bewonderaars dan kan kies of hul fotograwe nader aan Kaapstad, Johannesburg/Pretoria, Bloemfontein, Durban ens ens  sal wil sien. Ek weet fotograwe reis graag en as jy wil adverteer in meer as een streek sal jy welkom wees om dit te doen.

Elke fotograaf sal hul eie blad hê, soos @mokphotography hier as voorbeeld gebruik word. Jy kan self bepaal onder hoeveel kategorieë jy wil adverteer. Op jou blad sal dan "links" wees na jou persoonlike sosiale media profielle, asook `n vorm om jou direk te kontak. Jy sal `n kort beskrywing deur gee van jouself en daar sal dan 10 tot 20 van jou beste fotos opgelaai word vir bewonderaars om deur te kyk. Daar sal ook `n link wees na jou eie persoonlike webblad as jy een het. As jy nie een het en sal graag iets soortsgelyk aan dié wil he vir jou self, praat met my :)

Daar is dan ook `n "KOLLIG fotograwe" blad, waar 10 fotograwe elke maand sal uitgelig word. Jy sal self kan besluit of jy daar wil adverteer. Let wel, as daar baie hoë aanvraag is sal daar `n kollig bladsy vir elke kategorie geskep word.

Ons almal weet hoe moeilik dit is om `n fotograaf te kies vir elke geleentheid. Hierdie web blad sal 40 fotograwe van elke kategorie lys. Die kategorieë sal nooit meer as 50 fotograwe per streek lys nie.

Ons beplan om die web blad so spoedig moontlik aktief te maak, met al julle wonderlike fotograwe daar op!

Kostes:

Standaard pakket -   R 120 /maand per kategorie of R 1320 /jaar (spaar 10%)

Standaard sluit in:

  • word gelys onder (1) kategorie van jou keuse

  • jou eie blad met beskrywing en skakels na sosiale media

  • 10 van jou beste fotos in gallery

  • Standaard web blad agtergrond op jou blad

HupHup pakket -     R160/maand per kategorie of R 1760/jaar (spaar 10%)

HupHup sluit in:

  • word gelys onder (1) kategorie van jou keuse

  • jou eie blad met beskrywing en skakels na sosiale media, asook `n opsie om die fotograaf direk te kontak deur wyse van `n maklike en vinnige vorm. Dit sal direk na jou persoonlike email stuur

  • 15 van jou beste fotos in gallery

  • Jou eie agtergrond, `n foto van jou keuse op jou blad

Hoër graad pakket -  R 250 /maand per (2) kategorieë of R 2750 /jaar (spaar 10%)

Hoër graad sluit in:

  • word gelys onder (2) kategorieë van jou keuse

  • jou eie blad met beskrywing en skakels na sosiale media, asook `n opsie om die fotograaf direk te kontak deur wyse van `n maklike en vinnige vorm. Dit sal direk na jou persoonlike email stuur

  • 15 van jou beste fotos in gallery

  • Plek vir 5 resensies van vorige kliënte

  • Jou eie agtergrond, `n foto van jou keuse op jou blad

Die KOLLIG pakket -   R 1000 /maand 

KOLLIG sluit in:    

  • word gelys onder (1) kategorie van jou keuse ASOOK DIE KOLLIG BLAD!!! (net 10 fotograwe)

  • jou eie blad met beskrywing en skakels na sosiale media, asook `n opsie om die fotograaf direk te kontak deur wyse van `n maklike en vinnige vorm. Dit sal direk na jou persoonlike email stuur

  • 15 van jou beste fotos in gallery

  • Plek vir 5 resensies van vorige kliënte

  • Hierdie pakket sal maand tot maand verloop op `n rotasie basis, met hernuwing opsie beskikbaar aan die einde van elke maand

  • Jou eie agtergrond, `n foto van jou keuse op jou blad

Algemene aanvulling:

  • Jou advertensie onder die verskeie kategorieë sal `n "slideshow" wees van 2 tot 3 fotos van jou keuse

  • Daar is `n SOEK opsie beskikbaar vir wanneer jy `n spesifieke fotograaf / foto / link ens vinnig wil vind

  • Klik van fotos maak dit vol skerm, op rekenaar en foon met hoogste kwaliteit

  • Engelse fotograwe welkom!! Asb, ek vertaal graag. English photographers welcome, I'll translate.

bottom of page